Die 300 Poem by Gerhardus Keen

Die 300

Daagliks hoor ek dit oor-en-oor
nog ‘n boer is op sy plaas vermoor
ander draai hulle gesigte weg
die Boere volk moet alleen hierdeur veg
ons word mos as ‘n swak volk gesien
hulle wil hê ons moet hulle op ons knieë dien
Maar my trots maak dat ek vas sal staan
jy sal my moet skiet as jy wil hê dat ek moet afgaan
My knieg word nét voor God gebuig
met ‘n lied op my lippe en ‘n hart wat juig
jý - lafaard - kom met jou bende saam
val hulpelose mense aan en kry nie eers skaam
Met die eerste geluid van skote wat klap
gee jy en jou makkers lafhartig die pad
julle val oor julle eie voete van skrik
julle - lafaards - wat ons probeer onderdruk
Jy sien, een ding wat jy nie weet
Onse God het Sy volk nog nooit vergeet
julle kan maar in julle duisende kom
gewapen, opgesweep met moord in die hart, wat my verstom
My God het ons ook tot oorlog geroep
maar Hy soek verseker ‘n kleiner groep
want sou ons soveel soos julle wees
het ons nie nodig om onse God te vrees
Hy gaan die meeste eerder huistoe stuur
anders is die prys van vryheid hopeloos te duur
Hy soek ‘n Gideons bende, dis gewis
Driehonderd man is al wat nodig is
die oorlog word daarmee gewen
en ons God word weer as oorwinnaar erken
Dus - om jou te vrees is nie eers ‘n gedagte vir my
ek vrees God alleen, dis slegs Hy wat ons kan bevry
© Gerhardus Keen 24 November 2020

Die 300
Wednesday, December 2, 2020
Topic(s) of this poem: bravery,death,fighting,god,war
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success