Groot en stil,
sandgolwe onder die son,
waar die lug die aarde ontmoet
en die hitte dans op die horison.
Stilte gebroke deur die geskreeu
van die volstruise,
die skadu´s van die boabab bome
en die geur van die aarde na die reën,
´n wêreld vol geheimenisse en lewens.
Hier, in die uitgestrektheid,
vind ek myself,
´n soeke na vrede,
onder die waaksaamheid van die sterre.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem