Is dit ook koud vanaand by jou huis
Soos wat dit koud is hier by myne?
En skyn dieselfde maan ook op jou
Soos wat hy skyn hier op my?
Dans jy nog saam met jou, ou Sinatra plate
Soos wat ek hier dans saam met myne?
En huil daar nog jakkalsies oorkant jou pad
Soos wat hulle huil hier in my hart?
Verlang jy ook soms op 'n koue aand na my
Soos wat ek vanaand verlang na jou?
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
en die hoop beskaam nie..... in Afrikaans, in die mees eenvoudigste taal en woorde kan mens die diepste gevoelens weergee.... dis baie mooi.