Ek vra om verskoning
vir wat ek nie is nie
Ek vra om verskoning
dat ek nie kan vervul wat u wil hê
ek moet doen nie
Ek vra om verskoning
dat ek nie leuens kon vertel nie
want as ek leuens sou vertel
sou die waarheid
geen waarde meer gehad het nie
Dan sou ons vriendskap
nie meer op vertroue gebaseer wees nie
Daarom vra ek om verskoning.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem