Dit lê stil,
in stukke tussen die skaduwees,
'n herinnering van wat was,
maar nooit weer sal wees.
Jou naam hang nog in die lug,
'n dowwe klank wat nie verdwyn nie,
soos die spore van jou hande
wat nooit my vel heeltemal verlaat het nie.
Die dae strek langer,
die nagte kouer,
en tussen die stilte
hoor ek jou lag,
of miskien net die echo daarvan.
Ek dra die fragmente saam,
stukkies wat nie meer pas nie,
maar steeds klop hulle,
asof hulle hoop vir 'n heelheid
wat nooit weer sal kom nie.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem