Gesigte Poem by Mario, Lucien, Rene Odekerken

Gesigte

Gesigte,
duisende verskillende gesigte
gevul met geluk of hartseer

Gesigte,
anoniem vir sommige
maar vir ander duidelik herkenbaar

Gesigte,
dik, dun, rond en reghoekig
wit, liggeel, bruin en swart

Gesigte,
beroemd of onbekend
maar elkeen met 'n naam

Omdat elk gesig 'n naam het

Friday, June 5, 2020
Topic(s) of this poem: identity
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success