Jy is my lolliepop as ek sakgeld kry,
Jy is die veld waarin my skapies wei.
Jy is die pad waarop ek daagliks ry,
Jy is my warm winterstrui
Jy is my spiderman in die donker hoekies,
Jy is die neute in my sjokolade koekies.
Jy is my alles en al my goedjies
Jy is al my drukkies en al my soentjies.
My hardste hartklop en my snoesigste drome,
Die held in my storie en die takke op my bome.
Jy is die asem in my lewe,
Jy maak my bene bewe.
Jy is baie waardevol vir my,
Mag dit altyd wees net ek en jy.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
Jou heel beste! Eenvoudig en opreg. Pragtig!