Musiek Poem by Gerhardus Keen

Musiek

Musiek voer ons weg op 'n reis
soms vêr in die toekoms
en soms terug in die verlede

Nostalgie tree soms in
'n weemoed onbewoord
en snikkend bevind jy jouself skielik in die hede

Jy wonder waar kom die pyn vandaan
wat so diep in jou hart in sny
maar dan besef jy dis van 'n liefde nou verlore

Jy probeer na iets meer vrolik luister
om jou gemoed op te lig
jy wil wegkom van die seer uit 'n mislukte verhouding gebore

Hoe lank sal dit nog vat
om die hartseer te vergeet
en om te voel jy is weer in beheer

Sal jy ooit weer na daai liede kan luister
sonder om droewig te raak
maar dít is iets wat slegs tyd ons sal leer

© Gerhardus Keen (GK1)
28 Augustus 2020

Friday, August 28, 2020
Topic(s) of this poem: heartache,music,nostalgia
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success