My Facebook Vriende Poem by Gerhardus Keen

My Facebook Vriende

Die nuwe manier van gesêls
Om op jou foon te wees
Ons weet wat dit behels
En voel goed in ons gees
Nie nodig om beskaafd te praat
Ons sê net wat ons wil
En dit stel ons selfs instaat
OM IN HOOFLETTERS TE GIL
Jy kan dit aanvaar of los
Ons kan mekaar 'unfriend'
En dit sal ons niks kos
Om ons vriendskap so te end
Mense is on-sosiaal
En maak mekaar so seer
Want ons dink ons is spesiaal
Dit kan mos net met ander gebeur
Op die einde sit ons steeds alleen
Met geen vriende aan ons sy
En wonder waar is almal heen
En hoekom ons mekaar vermy
Geen interaksie met 'n regte mens
Niemand wat ons ervarings deel
Nou sit ons net en ons wens
Ons het ons dit net verbeel

© GK1-20-Mar-17

Wednesday, April 26, 2017
Topic(s) of this poem: facebook,friends
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success