In die kamer sit sy bang alleen
en bid dat die Here haar sal seën
sy weet dat dit sal gebeur
al is haar hart in twee geskeur
'n Engel deur 'n man verniel
wat haar seergemaak het tot in haar siel
hoe kon 'n man dit aan haar doen
daar is nou geen hoop meer om te versoen
Die mense dink sy staan baie sterk
maar daar is soveel wat sy moet verwerk
sy was heeltyd getrou aan hom
maar hy het 'n ander liefde in laat kom
In die aand huil sy, want haar hart is seer
ek vra U om haar te troos, o Heer
vat haar trane van haar weg
ek smeek U om vir haar te veg
Hou haar veilig teen U hart
Heer sy't U nodig in haar smart
plaas haar voete op die rots
ek weet dat sy U dien met trots
Heer, verander haar huil in lag
lank het sy op U gewag
herstel haar hart, vat weg haar seer
by U is niks onmoontlik Heer
Ma alleen vir haar kinders voorsien
iets wat sy glad nie verdien
maar ek weet sy doen dit reg
tot die dood sal sy vir haar kinders veg
Sommige dae is die seer baie minder
maar dan word daar oor haar geskinder
man vooraf moet sy dan weer keer
want mense se woorde maak baie seer
Ek weet alles sal vir jou regkom
Want jy het 'n vaste geloof in Hom
Weet net dat iemand by jou staan
Jy hoef nie alleen hierdeur te gaan
'n Persoon met so 'n goeie hart
moet beskerm word teen die smart
U moet haar asseblief veilig bewaar
dit is my gebed vir haar
© GK1-15-Mar-17
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem