My Onmoontlike Versoek Poem by Gerhardus Keen

My Onmoontlike Versoek

Ek is op my knieë voor U
en ek bid tot U, o Heer
daar's nie baie wat ek vra nie
maar daar's iets wat ek begeer
ek vra U om haar te skep Heer
iemand wat my lief kan hê
maar ek wil ook aan U vra Heer
dat sy die volgende sal hê

sy het oë soos 'n engel
sy is een wat U ook dien
sy het die mooiste glimlag
sy moet in my siel kan sien
sy is een met baie wysheid
sy vul my gees ook aan
sy weet ook wat is seer, Heer
sy verstaan waardeur ek gaan

so het ek haar toe ontmoet Heer
een wat glad nie kon bestaan
ek het gedink dis onmoontlik
dat U my siele nood verstaan
ek voel so klein hier voor U
U het haar op my pad gebring
nou wag ek om te sien
wat hou die toekoms vir ons in

sy het oë soos 'n engel
sy is een wat U ook dien
sy het die mooiste glimlag
sy kan in my siel in sien
sy is een met baie wysheid
sy vul my gees ook aan
sy weet ook wat is seer, Heer
sy verstaan waardeur ek gaan

© GK1-26-Jun-17

Tuesday, June 27, 2017
Topic(s) of this poem: love,pain,prayer,soul mate,wisdom
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success