“Can you feel me, I’m there
My spirit’s all around
My fingers running through your hair
My feet are nowhere near the ground”
Dis asof dit gister was
Wat ek die e-mail gekry het van jou
En toe ek die woorde lees wat jy geskryf het
Het my hartklop vir ‘n oomblik opgehou.
Ek kon dit nie beskryf nie
Ek kon dit nie verstaan
Hoe jy van so vêr af my lewe kon omkrap
En my hart kon uitgewerp uit sy wentelbaan
Ons het mekaar nie eers geken nie
Maar jy kon my gedagtes lees
Jy het die krake in my lewe perfek gevul
En ek het gehoop dat ons eendag saam sou kon wees
Nou is ons hier
En dis nie meer net ‘n droom
Van nou af kan ons gelukkig saam wees
Soos twee katte met hul eie vaatjie vol room!
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem