Net 'n Gedig Poem by Gerhardus Keen

Net 'n Gedig

In die eeu van tegnologie
sit ek nog steeds pen op papier
om vir jou 'n handgeskrewe brief te stuur
ter herdenking van ons liefde
uit vriendskap gebore
want dit is nie vir almal beskore
Soos 'n skrywer uit 'n era lank gelede
sou ek dit wou skryf met ink en veer
dit sou die digter in my tot hoër hoogtes inspireer
Ek sou die woorde soos 'n rivier laat vloei
vanuit die papier tot diep in jou hart
slegs gevul met liefde en geluk - sonder enige smart
sodat dit jou in die gees wegvoer
maar nie soos Romeo en Juliet
wie se liefde in 'n tragedie geëindig het
eerder na dit wat in sprokies beskryf word
'Their lives were filled with joy and laughter
and they lived happily ever after'
© Gerhardus Keen

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success