Nog Steeds Mal Oor Jou Poem by Gerhardus Keen

Nog Steeds Mal Oor Jou

Per toeval het ons twee ontmoet
'n déjà vu oomblik ervaar
soos twee siele wat mekaar weer sien
ná 'n skeiding van 'n duisend jaar

ons was in sinkronisasie
soos met niemand nog tevore
met een kyk in mekaar se oë
het ons meer gesê as met woorde

ons twee het gesêls
tot laat in die nag
oor alles onder die son
en ek het jou laat lag

ons het deur liede
boodskappe aan mekaar gestuur
en die lirieke het beskryf
die verlange wat ons moes verduur

liefdesverklarings
aan mekaar gemaak
jy het my hart
diep aangeraak

maar die noodlot het ons weer geskei
dit het ons van geluk weerhou
net ons boodskap het oorgebly
Nog Steeds Mal Oor Jou

© GK1-18-Sep-17

Wednesday, September 20, 2017
Topic(s) of this poem: dreams,love
POET'S NOTES ABOUT THE POEM
Ons het nie vir mekaar gesê 'ek is lief vir jou', nie. Ons het gesê 'nog steeds mal oor jou'. Of 'ditto' geantwoord as die ander een stuur 'NSMOJ'. 💖😙
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success