Ou wonde word oor-en-oor oopgekrap
en dan kry die seer nie kans om te herstel.
So voel dit of iemand jou hart kom vertrap
En die lewe voel soos 'n aaneenlopende hel.
Die een oomblik bo, die volgende onder.
Waar dit gaan stop, kan 'n mens net oor wonder.
'n Roller coaster ride van emosies en paniek.
Die een oomblik opgewonde, dan weer skielik siek.
Maar vriende help ons om dit te vedra.
Wat meer kan ons dan eintlik voor vra?
So is ons daar om mekaar by te staan.
Gelukkig is daar ander wat weet waardeur ons gaan.
© GK1-07-Apr-17
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem