Met palmgroen takke in ons hande,
stap ons deur die strate van Jerusalem
met afwagting en vreugde in ons hart,
miskien sien ons hom
Ons het gekyk en gekyk,
en daar was hy,
Jesus ons Koning!
hosanna, hosanna het die skare gesing
Maar daardie man, die gesig
wat daar op die donkie sit,
het nie soos 'n Koning gelyk nie,
maar meer soos een van ons
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem