Reis In My Gedagtes Poem by Gerhardus Keen

Reis In My Gedagtes

In my gedagtes
reis ek tussen sterre
ervaar ek nuwe dinge
beweeg ek deur tyd

van hede
en verlede
van liefde
maar ook pyn

probeer ek dinge regmaak
of situasies vermy
wil ek mense red
dat die dood hulle nie sal kry

wens ek wense
van vrede en geluk
maar die werklikheid
ruk my vinnig terug

© GK1-03-Jun-17

Saturday, June 3, 2017
Topic(s) of this poem: dreams,reality,thoughts
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success