Schizophrenia Poem by Michelle Melody

Schizophrenia

Na jare wat sy op 'n doring lê
het eendag die vae noot in
Haar oor kom koteljons
Sy luister, sy frons...
Sy het vroeër die dag die
Lied gehoor
Nou is dit oorkruiper in
haar oor...

Is hierdie wingerdpos
wonder sy...
wanneer 'n stem duidelik sê
hoor jy my? !
Sy skrik en haar hart bons
hard as hy praat
Wat is dit die? !
Word ek gek wonder sy
Maar nee hoekom nou?
Sy ken deeltliks haar Bybel
en vrae die gees
'GLO jy dat Jesus geleef, gesterf
en opgestaan het? ! '
Gees antwoord nee...
Sy weet... die mag nie wees...
Gees kom van 'n ander realm
Daar waar hy glo dat liggaams vuur
vir almal plesier...
Nee roep haar siel, vergeet van my,
die warmste passie sal my nie kry
Daar is meer, roep haar siel, daar is soveel meer
Ek is siel, liggaam en gees...
Die liggaam is swak
daarom sal ek daarteen stry sonder vrees
My siel wil meer wys, meer verstaan en
na 'n 100 jaar se dwaal en leer
gaan haar verstand oop en sien sy dinge, hoor sy dinge soveel anderste
Die wêreld wat kan donker wees, maar sy sien die skoonheid,
al sien haar oë nou 'n ander lees
borrel vreugde in haar...
'Gees ek praat nooit met jou want jy is van 'n ander realm
Ek beur vorentoe en jy beur terug
vir jou is alles 'n aardse spel 'n vleeslike vrug... as jy geglo het soos ek soos 'n kind'
Dan kon ons gepraat het...
Die doring was seer... selfs Sheol se skadu het daar verteer...
maar met krag van die een in wie sy glo
Bly bid, bly glo en
Het Hy alles weer soos 'n deken saggies toegegooi
Oral om, oral om was alles weer mooi...
Sy gees... bring vreugde
Nuwe krag
Die oorkruiper deuntjies
Is soms nog daar
Sy weet dat dit haar teken is
Dat sy so bietjie stukkend moes
wees... om dinge te verstaan ten deels
Maar sy vervloek nooit die lyn van
Telapatie en oorkruiper deuntjies
Want hy mag wees van 'n ander realm
Maar die wingerlyn bly oop vir
die Heilige Gees om saggies te praat en sag te sing...

Maar as jy haar sou vrae - Sy hoor nou niks... het nooit niks gehoor nie, geen droom openbaring gehad, nooit dinge opgesoek, nooit verstaan, het sy met krag van God oorwin... miskien... of nooit vir die nuuskierige vrae nie, want geestes versteurd sê dit als
Sy hoor geeste, Heilige geeste
Sy drink getrou haar pilletjie saans
Hulle is te vas aan die aarde om te verstaan
Die waans...
Die oog van haar hart het gesien
Al haar en andere se planne loop uit op verdriet
Daarom hoop sy op eendag... die toekoms
Hoop, Geloof en Liefde is haar 3 edel waardes
Sy hang hul om haar nek soos pêrels, sit dit soos 'n ring aan haar
vinger... hulle is lig
Maar dit wat so swaar is...
Is nog 'n pil wat sy vat...
Getrou is haar kierie...

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success