Die pad is lank, die lug is stil.
Elke tree voel swaarder as die laatste,
soos klippe wat in die sak van my gedagtes lê.
Hande wat bewe, oë wat soek,
maar geen antwoord kom nie.
Net die wind wat fluister,
net die son wat stadig sak.
Om aan te hou, om nie te breek nie---
'n las wat ek alleen moet dra.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem