Die tulpe
in die vaas op die laaikas
kyk na my in alle kleure
en vertel my in ongekende stilte
alles wat my ore wil hoor
Hulle laat my reuksintuig,
sweef yverig deur die sitkamer
om hul heerlike geur in vrede te geniet
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem