Die dae voel swaarder,
tyd beweeg maar staan stil.
Gedagtes dwaal deur skaduwees,
vrae sonder antwoorde.
Gesigte vervaag in die mis,
stemme weerklink in die verte.
Wat was, wat is, wat kom-
alles vervleg in stilte.
Die wind fluister stories,
name wat niemand meer roep nie.
Tog brand êrens 'n lig,
klein maar onstuitbaar.
Miskien is die dood nie 'n einde nie,
maar 'n deur wat op 'n skrefie staan
waaragter iets wag
wat ons nog nie verstaan nie.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem