Kinderdae Poem by Gerhardus Keen

Kinderdae

Rating: 5.0

Speel in die strate van JCI Village
vyf myl vanaf Gravelotte
in die bosveld wereld
waar almal mekaar ken

ry op losloper perde
speel tok-tokkie in die nag
in die dag klim ons die mynhope uit
strate gevul met kinders wat lag

ons boer by die swembad
en neweke by die opelug fliek
kinders is nog kinders
en ons geniet ons gate uit

die ritte na die drive-in
het ons opgewonde gemaak
dit was weekliks afgewissel
tussen Tzaneen en Palaborwa

ons swem sommer in die rivier
steel selfs 'n boot vir die plesier
maar ons is net kinders
en die lewe 'n avontuur

kleilat gooi met kweperlat
soms klippies in die klei gesit
die boelie extra hard gegooi
maar more doen ons dit weer

by die skool het ek baklei
en die boelie 'n loesing gegee
by die huis het ek pak gekry
dit was die mynkaptein se seun

ry ons kaskar sonder brieke
sommer vier op een kar
stop hom teen 'n boom
of ons rol hom om 'n draai

niemand kan hierdie herrinneringe steel
dis in my geheue ingebrand
die lekker van om kind te wees
en geen bekommernis oor die land

© GK1-28-Jul-17

Friday, July 28, 2017
Topic(s) of this poem: childhood ,joy
COMMENTS OF THE POEM
Kumarmani Mahakul 28 July 2017

Childhood carries many memories and childhood gains joy through experiences. An amazing poem is shared.10

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success