My Lewe In 'n Boek Poem by Gerhardus Keen

My Lewe In 'n Boek

As ons lewe 'n boek moes wees
hoeveel hoofstukke sou ander lees
elke gebeurtenis 'n nuwe een
elke oomblik - aan ons geleen

Baie mense wat ons paaie kruis
waarvan meeste gou verdwyn
sommige laat ons met vreugde na
en ander slegs met pyn

Wat sou mense van my sê
die wat niks van my lewe weet
sou hulle my as vriend wou hê
of eerder wil vergeet

Wie sal nog 'n hoofstuk wees
in die storie van my lewe
en sien hulle ooit kans
om hulle daarin te begewe

Niemand weet verseker
hoeveel hoofstukke nog oor is
maar almal se boek het 'n end
daarvan bly ons té bewus

So kom wees gerus 'n hoofstuk in my boek
of net 'n paragraaf, of selfs 'n sin
want waar my storie eindig,
kan joune dalk begin

© GK1-31-May-19

Sunday, June 2, 2019
Topic(s) of this poem: book,life,story
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success