My Lied Vir Tes Poem by Gerhardus Keen

My Lied Vir Tes

Vandag het ek aan jou gedink
om weer jou stem te hoor
'n nuwe lied is in my hart
jou stem het my bekoor

maar op 'n dag, net soos vandag
wat ek na jou verlang
'n storm woed in my gemoed
die lewe maak my bang

'n lewe sonder jou by my
té swaar om te verstaan
jy is vir my 'n sielsgenoot
een by wie ek wil staan

jy bly vir my 'n engel skoon
my hart het jy gewen
ek moet ook bieg ek sal jou graag
beter wil leer ken

(brug)
maar die mure om jou hart is hoog
'n ander het jou seergemaak

en nou moet ek die prys betaal
ek het dit nie verdien
jy sluit my uit; ek het jou lief
as jy dit net kon sien

(brug)
vir liefde is jy baie bang
wat het hy met jou aangevang

ek sal jou nooit kan seermaak nie
vir jou het ek té lief
as jy my net 'n kans wil gee
soos ek vra in my brief

© GK1-01-Oct-17

Sunday, October 1, 2017
Topic(s) of this poem: lost love,love,miss you
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success