Onvoltooide Sin Poem by YURI DURAAN

Onvoltooide Sin

My Lief,
ek het vanoggend gedink aan ‘n sin
om vir jou te skryf…
net een sin wat baie diepsinnig en groots
sou wees en jou deur die dag sou dra….
op daardie oomblik was die sin so belangrik
en ek kon nie wag om dit neer te skryf en vir
jou te stuur nie.

My Lief,
ek kan dit nie meer onthou nie.
Dit verminder egter nie die intensiteit van my
gevoel teenoor jou op daardie oomblik nie.
Die sin was soos ‘n gebed wat ek uitgestuur
het na jou en was seker nie noodwendig
bedoel om deur jou gelees te word nie….
maar meer bedoel vir jou hart.

My Lief,
in die onsigbaarheid van daardie oomblik
het ek jou aangeraak met die gedagte en
die sin wat ek gebou het.
My siel het aanklank gevind met joune en
ek het jou belange op my hart geneem....
Ek hoop die sin dra jou nog steeds deur hierdie
dag sodat jy weet dat ek jou liefhet.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
166 / 122
YURI DURAAN

YURI DURAAN

South Africa
Close
Error Success