TIMOTEI SJAMPOE Poem by Gert Vlok Nel

TIMOTEI SJAMPOE

wat het gebeur my pragtig daai
desembermaand toe ons geleef het soos jet
setters in gordonsbaai in daai
warm overpriced flat bo-op
die portofino ice cream parlour within
view van die kaai
& die wind wat aanmekaar aai aai waai
& jou lang cream calico gordyne was soos
hande by die venster uit bye bye waai
& daai brief van someone uit somewhere in my
hand & die wind wat draai teen skemeraand van die
see na die land
& die flat nou eensklaps soos 'n vallende boeing
plummeting to sea & jy wat vra why
me? & jou naak lyf skielik oor my swaai & snik why?
met jou hare in my mond soet
& sag soos edible underwear van aarbei
& TIMOTEI SJAMPOE

oesters op melba toast en perrierwater
daardie laaste oggend
son op die balkon &
nog nie eens 8 o'clock & alreeds buite
die happy screams van
vakansiegangers met ice creams &
jy wat skielik begin huil &
die gordyne ruk uit hul kosyne uit &
topless vries in die ruit
soos 'n overexposed foto uit 'n ou familie-fotoalbum
of 'n ou magazine ek dink ek sien dit nou we have
lingered in chambers by the sea maar al daai
poetry shit means nothing now to me &
toe't jy jou ou gordyne uitgehaal uit die laai wat jy
gekoop het op 'n krismis special by
edgars in gordonsbaai &
die somer was in sy maai & ek wat sê ek raai ons het gaan
draai by jane seymore
& is subsequently weer terug by TIMOTEI SJAMPOE

polisiesirenes daardie nag & toe 'n
crash 3.31 op die wekker & wakker was ons
nee nee ek was alleen ek
dink ek onthou nou my lief waar was jy?
waar was jy? want ek was so alleen &
buite het dit begin reën &
ek het uitgegaan in die verlate strate
& jou jumbo golf was gone & gone
down was the moon & the pleiades middle of night & ek
wat frantically phone vanaf 'n tiekiebox
na die hospital & mumbo
jumbo met 'n vakerige night nurse nee nee
jy was nie daar nie maar in die
warm overpriced flat vind ek jou
by die bay window met jou
hande buitentoe
catching the rain ek het jou gesien uithardloop sê jy
& smile bring jy goeie nuus
vir my het hulle uiteindelik my lyk gekry?
doen my 'n guns & balsem my in
TIMOTEI SJAMPO

wat het gebeur my skugtige voortvlugtige pragtige daai
ongelukkige desembermaand toe ons onsself gesien het
as 'n sun setting in gordonsbaai in daai
warm overpriced flat bo-op
die portofino ice cream parlour within
view van die kaai

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Gert Vlok Nel

Gert Vlok Nel

Beaufort West
Close
Error Success