X.Hartstad Poem by YURI DURAAN

X.Hartstad

As alle paaie na Rome lei
en my pad lei slegs na jou...
Is jy Rome vir my?

Is jy passie en musiek
en standvastige geboue in
eeuoue argitektuur?

Is jy romanse en ervarings
and kuns wat praat tot
emosie en siel?

Skuil jy in woorde soos accellerando
en bello ragatso, en beweeg jy
met die ritme van die tango wat op
my hartsnare speel?

Al my paaie loop na jou...
jy, mekka van toe en nou...
Jy is my Rome
my Hartstad

COMMENTS OF THE POEM
Dewald Viljoen 14 July 2008

En sy is terug met 'n BANG! Lyk my Bloem was inspireerend, ja? ? ? Hoe goed ken ek nie daardie gebroke pad na Rome toe nie. Lieflik.

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
166 / 122
YURI DURAAN

YURI DURAAN

South Africa
Close
Error Success