Ek het jou lief...
nie oor
woord
of daad
of simboliek,
of etiek
of die
sensuur
wat jy plaas op my lyf nie -
Ek het jou lief
omdat jy my (onwetend)
my denke
my drome
my passie
laat uitleef binne die
raamwerk waarin
ek leef
ek liefhet
ek is
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem