Ek is gefragmenteer,
as broos gediagnoseer
onbevange afhanklik
van jou hunkering na my -
maar is die som van
die fragmente
my menswees?
of het ek verlore geraak in
die simptome...
my onbeheersdheid in
jou teenwoordigheid?
Is die totaal van
ONS
die enigste antwoord
op die blywende vraag?
of kom dit neer op
'n enkele
gebroke fragment?
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
Wat 'n goeie vraag? Is dit op die ou-end dan al waaroor als gaan - een fragment(gebroke) ? Daardie afhanklikheid van 'n ander se hunkering na jou - waarom is mens so afhanklik? En so kan ek aangaan soos hierdie stuk my laat wonder.