Ek staar stip
na die oop deur...
die deur 'n simbool,
'n patent van my
verwagting
My heimwee stuur
rookseine na jou
horisonne
pleit met die wind om
jou te gaan haal
(soms verwag ek te veel)
Nietemin staar ek stip
na die oop deur
stip
en met verwagting
dat jou rookomhulde
windverwaaide skim
my visie gaan versper
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem