My hart verlang na die Boland
en dit verlang na jou
omdat berg en son nie my siel
kan vul waar jou vroegoggend
fluister-koebaai ‘n leemte
gelaat het nie.
Jou baadjie hang in die gang
waar ek verbyskuur na buite
en vir ‘n oomblik is ek vasgevang
tussen onthou en uitsien....
want vanaand kom jy huistoe
en terwyl die Boland slaap,
is die Kaap in my hart weer
Hollands!
although i am english speaking i do understand afrikaans and this is a wonderful poem... one can express thoughts...innermost thoughts so easily and so well in this wonderful and colourful language... Jj
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
'n Perfekte uitbeelding van gevoel en laat die leser reg in jou hart deel, jy het 'n gawe met woorde, hou aan met skryf! Vriendelike groete, Marilese.